What’s Happening??

Toview this content

Please revert to your mobile

platform or device

CONTACT

DETAILS

Editorial Content     Laurinda     082 738 8011         ed.gbp @ greatbrakpost.co.za
Articles & Proofing         Marianne   076 025 0153        articles @ greatbrakpost.co.za
Advertising Sales     Mike      044 620 4042        sales @ greatbrakpost.co.za

A Great Brak River and Surrounds Community Newspaper

4000 Copies Distributed Monthly from Mossel Bay to George

FREE | GRATIS
Like Us on                            acebook
 Published by Targa Publishing all rights reserved - 2016 No content of this website or Tabloid may be reproduced in any form without the consent of the owners. CONTACT DETAILS Advertising Sales    Mike 	   	  044 620 4042      									  sales @ greatbrakpost.co.za Editorial Content     Laurinda   	  082 738 8011       									  ed.gbp @ greatbrakpost.co.za Article & Proofing	   Marianne	  	  072 025 0153      									  articles @ greatbrakpost.co.za
Deur Mariana Stadler Driekwart eeu gelede in die Noord-Kaap gebore as Mariana Rossouw – ‘n langverwagte baba vir twee besonderse ouers. Saam met Llewellyn Stadler, die gevreesde Sub A in 1949 aangepak. Sus en Daan, Boef en Koeloe en Mr. Grumps, die bok, het ons aan die heerlikheid van lees bekend gestel. Laerskool in Upington- Hoërskool in Girls High Worcester met verdere wonderwerke soos Naaldwerk, Kuns, Geskiedenis, Drama en Huishoudkunde. Gaan studeer aan Oudtshoorn Kollege en begin skoolhou op Upington en toe getroud met die seuntjie Llewellyn wat saam met my Sub A begin het. Plaas toe met ons Blou Dodge bakkie CAY553 en al wat ons in die lewe het agterop. Die eerste jaar was ‘n groot aanpassing van besige lewe na ‘n huisie tussen die duine, 245km van die naaste dorp Upington.  Drie vertrek huis – nie 3 slaapkamers nie – 3 vertrekke en  ‘n badkamer.  Kerslampe en die badwater word buite in ‘n seeppot gekook. Maar altyd ‘n buitemens was die “great outdoors” my redding – die plaasdiere, kameeldoringbome, leeu-kleur gras en wild word my lewe.  ʼn Mak jagluiperd, Maggie, wat in ons  bed slaap en vele honde en katte vul die prentjie in. Tien jaar en vier kinders later en ‘n lekker huis - die lewe volmaak. Begin ‘n gastehuis, aangesien dit ook ‘n jagplaas is.  Die gaste bring die wêreld na ons toe en ek leef my uit met kosmaak en my beste vir die gaste te lewer. Tussen alles deur is die kinders op skool 600km van ons af – dis ry en weer ry om al die netbal, rugby, atletiek en uit naweke georganiseer te kry. Een naweek het die seuns in Kimberley rugby gespeel – dis Noord-Kaap en een sus in die Vrystaat vir netbal en babasus in Namibië vir netbal. So lief vir teken soos ek was, was daar geen tyd vir kuns nie . Na 42 jaar tree ons af in Groot Brak ʼn gelukkige besluit – ‘ndorp met ‘n groot hart en gawe mense. Op die vlakte, net 3km uit die dorp spoel ons uit. Loch Broom is die naam; dit was die naam van die Kalahari plaas.  Heerlik vir die 9 kinders om vakansie te hou. Begin kuns neem by Liz Stumke aan die Wilderness Art School – kan my nog nie n kunstenaar noem nie. Na agt jaar se lesse leer ek nog elke keer baie oor kuns. Dis nie net ‘n kunskamer nie, maar vriendskappe gedy en Liz is ‘n uitstekende leermeester, wat nooit moeg word om te help nie. Na 45 jaar verloor ek die liefde van my lewe . Sou dit nooit oorkom het was dit nie vir die kunsskool nie en vriende nie. My raad aan almal wat ouer word – bly positief.  Kry ‘n stokperdjie en kyk wat jy vir iemand anders kan doen – dan is jy werklik ‘n Grootbrakker. Die lewe is ‘n lied.

Produced by Targa Publishing

Like Us on acebook

Produced by Targa Publishing