What’s Happening??

Please revert to your mobile

platform or device

CONTACT

DETAILS

Editorial Content     Laurinda     082 738 8011         ed.gbp @ greatbrakpost.co.za
Articles & Proofing         Marianne   076 025 0153        articles @ greatbrakpost.co.za
Advertising Sales     Mike      044 620 4042        sales @ greatbrakpost.co.za

A Great Brak River and Surrounds Community Newspaper

4000 Copies Distributed Monthly from Mossel Bay to George

FREE | GRATIS
Like Us on                            acebook
 Published by Targa Publishing all rights reserved - 2016 No content of this website or Tabloid may be reproduced in any form without the consent of the owners. CONTACT DETAILS Advertising Sales    Mike 	   	  044 620 4042      									  sales @ greatbrakpost.co.za Editorial Content     Laurinda   	  082 738 8011       									  ed.gbp @ greatbrakpost.co.za Article & Proofing	   Marianne	  	  072 025 0153      									  articles @ greatbrakpost.co.za

GROOT BRAKRIVIER BEWAREA

‘N BESIGE JAAR

By Willie Gericke. Sedert die algemene jaarvergadering op 4 Mei, het die nuwe bestuurskomitee nie gras onder hul voete laat groei nie. Op Mandeladag is ‘n groot skoonmaakveldtog geloods en dosyne sakke vol rommel wat op die rivieroewer oorkant die polisiestasie en verder langs die rivier opgehoop het, is opgeruim en verwyder ashoop toe. Dit is opgevolg met ‘n tweede skoonmaakaksie. Daar is ook ‘n aktiewe veldtog geloods om in samewerking met die Mosselbaai Munisipaliteit, die Madeira rankplant (Anredera cordifolia) uit te roei. Groot sukses is reeds hiermee behaal. Op Nasionale Boomplantdag het die Bewarea bestuurslede weer eens met die hulp van Mosselbaai Munisipaliteit, ‘n verskeidenheid van bome geplant. ‘n Aantal uilkaste is ook opgerig en word gemonitor. Almal wag in spanning vir die Gevlekte Ooruil (Bubo africanus; Spotted Eagle Owl; Ifubesi) om sy intrek in die uilkaste te maak. Volgende op die agenda is die oprigting van vlermuiskaste. Die kaste is reeds voltooi en die nodige magtiging vir die plasing en oprigting van die kaste word tans met die munisipaliteit uitgeklaar. Bewarea het ook ‘n aantal houers vir gekoekte vislyn op strategiese plekke aangebring. Die houers word periodiek skoongemaak en speel ‘n belangrike rol om die strande veilig te hou vir ons seevoëlbevolking. Vissermanne word aangemoedig om die houers te gebruik en nie die gekoekte vislyne op die strande te los nie. Besoekers aan Groot Brakrivier se maandelikse boeremark op die eerste Saterdag van die maand sal opgemerk het dat Groot Brakrivier Bewarea nou ook ‘n stalletjie op die mark het. Die stalletjie word goed ondersteun en het ten doel die bewusmaking van die rol van ons omgewing in ons samelewing en voortbestaan. Bewarea maak staat op die welwillendheid van die owerhede, plaaslike sakeondernemings en lede vir die befondsing van die projekte. Ledegeld beloop ‘n skamele R40/jaar en kan direk inbetaal word in die volgende rekening: Great Brak River Conservancy; Nedbank; spaarrekening nommer. 2472010273; takkode 147205 met vermelding van u naam en kontaknommer. Opwindende projekte word in die vooruitsig gestel vir die nuwe jaar. Sluit aan by Bewarea en word deel van die inisiatiewe – bring u entoesiasme en idees saam. Geseënde Kersfees en geniet die lewe in Groot Brakrivier. Bewarea groete, Willie Gericke.

Produced by Targa Publishing

Like Us on acebook

Produced by Targa Publishing