Like Us on
acebook
GROOT BRAKRIVIER BEWAREA EN
GEVLEUELDE MUISE!
Deur Willie Gericke
Daar is min – mag ek sê bykans geen –
persoon wat nie grillerig (so ‘n lekker
word om jou tong om te kry) is vir ‘n
vlermuis nie. Miskien vanweë die
wanopvatting dat vlermuise nes maak in
jou hare of, nog erger, jou bloed uitsuig.
Gelukkig is vampiere slegs
verbeeldingsvlugte, desnieteenstaande
Bram Stoker se Dracula wat in 1897 die
lig gesien het.
Vlermuise behoort tot die orde
Chiroptera wat verdeel is in twee sub-
ordes: Megachiroptera (groter, vrugte-
vretende vlermuise) en Microchiroptera
(kleiner, insek-vretende vlermuise). Van
die meer as 1 100 soorte vlermuise wat
wêreldwyd voorkom, is daar slegs 56
spesies wat in Suid Afrika voorkom,
meestal in die noordelike provinsies. In
die Wes Kaap is daar 7 verskillende
spesies waarvan die Geoffroy’s
horseshoe bat (Rhinolophus clivosus)
die algemeenste is.
Wat is die Bewarea se bemoeienis met
vlermuise kan jy met reg vra. Die kleiner
insekvreters dra by om skadelike insekte
soos muskiete se getalle in toom te hou.
Dit word beweer dat ‘n kolonie van 100
vlermuise (die bevolking van ‘n
vlermuiskas soos by Berg en Dal in die
Kruger Wildtuin te sien is), soveel as 60
000 insekte, meestal muskiete, per nag
kan verorber.
Groot Brakrivier Bewarea het gevolglik,
met die toestemming van die plaaslike
owerhede, tien vlermuiskaste laat maak
en op strategiese plekke laat oprig. Lees
gerus die kennisgewing op die
vlermuiskaste vir meer inligting oor die
voordele van vlermuise in ons
omgewing.
‘n Baie suksesvolle skoonmaakaksie van
ons strande is op Saterdag 10 Februarie
deur Scott Thomson van stapel gestuur.
Bykans 30 vrywilligers, waaronder die
Ops Groep van die Hersham Buurtwag
en bestuurslede van die Bewarea het die
amper-gure weer trotseer om die strande
weerskante van die riviermonding en
omliggende omgewing skoon te maak.
Die vonds vir die oggend is ongelooflik!
Die Algemene Jaarvergadering is
geskeduleer vir 21 Mei 2018 om 18:00
by De Dekke. ‘n Interessante program
met ‘n gasspreker wat alom bekend en
bemind is, vorm deel van die aand se
verrigtinge. Almal word hartlik uitgenooi
en toegang is gratis.
Word deel van die Bewarea en dra by
om die omgewing te bewaar vir ons en
ons nageslag.