What’s Happening??

Please revert to your mobile

platform or device

CONTACT

DETAILS

Editorial Content     Laurinda     082 738 8011         ed.gbp @ greatbrakpost.co.za
Articles & Proofing         Marianne   076 025 0153        articles @ greatbrakpost.co.za
Advertising Sales     Mike      044 620 4042        sales @ greatbrakpost.co.za

A Great Brak River and Surrounds Community Newspaper

4000 Copies Distributed Monthly from Mossel Bay to George

FREE | GRATIS
Like Us on                            acebook
 Published by Targa Publishing all rights reserved - 2016 No content of this website or Tabloid may be reproduced in any form without the consent of the owners. CONTACT DETAILS Advertising Sales    Mike 	   	  044 620 4042      									  sales @ greatbrakpost.co.za Editorial Content     Laurinda   	  082 738 8011       									  ed.gbp @ greatbrakpost.co.za Article & Proofing	   Marianne	  	  072 025 0153      									  articles @ greatbrakpost.co.za

GROOT BRAKRIVIER BEWAREA:

PAMPASGRAS EN WOLWEDANS

Deur Willie Gericke Noem die woord pampas en onwillekeurig gaan jou gedagtes na wuiwende grasvlaktes, gauchos en wilde perde van Argentinië en Paraguay. ‘n Bietjie ver van ons af, hier in Groot Brakrivier. Maar tog, dis waar ons pampasgras vandaan kom. – ‘n ornamentele plant met pragtige pluime wat tot ‘n hoogte van 4m kan groei en vroeër dikwels in tuine en parke aangeplant is. Egter, hier in Suid Afrika en o.a. ook in Australasië het dit so vinnig versprei, veral langs rivieroewers en waterryke areas, dat dit vandag by ons ‘n kategorie 1b klassifikasie het onder NEMBA (National Environmental Management Biodiversity Act). Die definisie van so ‘n klassifikasie is as volg: “Invasive species requiring compulsory control as part of an invasive species control programme. Remove and destroy. These plants are deemed to have such a high invasive potential that infestations can qualify to be placed under a government sponsored invasive species management programme. No permits will be issued”. Die pampasgras wat algemeen o.a. in die Wes Kaap voorkom, is die spesie Cordateria selloana. Daar is ongeveer 25 verskillende spesies van die genus Cordateria. Die plant is hoogs aanpasbaar in verskillende klimaatstreke en is uiters droogte bestand. Dit versprei deur middel van sade en risome. Sade kan sonder bevrugting ontkiem en ‘n enkele volwasse pluim kan soveel as 100 000 sade produseer. Dus ‘n gevaarlike kalant as dit eers gevestig is. So wat het dit met Wolwedans te doen? In die Februarie 2018 uitgawe van die Great Brak Post is op bladsy 11 berig dat ‘n groep vrywilligers die bestaande staproete vanaf die munisipale kantore in Groot Brakrivier tot by die Wolwedans damwal weer begaanbaar gemaak het deur bosse terug te sny en die pad met wit pyle te merk. Onlangs het lede van die Groot Brakrivier Bewarea die staproete aangedurf en gemerk dat pampasgras besig is om ‘n houvas te kry. ‘n Skoonmaakaksie is geloods en op Saterdag 28 April het lede van die Bewarea Bestuurskomitee die gure weer trotseer en met mening die kloof ingevaar en stelselmatig die pampasgras begin uittrek. Maar pampasgras is ‘n taai kalant en laat hom nie so maklik uitroei nie. Die plant het ‘n massa vesselagtige wortels en die wortelstelsel van ‘n groot volwasse plant kan ‘n oppervlakte van soveel as 100 m2 beslaan. Egter, Bewarea lede het ‘n begin gemaak met die belangrike skoonmaakaksie en dit sal opgevolg word met verdere aksies. Word ‘n lid van die Groot Brakrivier Bewarea, neem deel aan die aksies en help sodoende om ons omgewing vir ons en ons nageslag te bewaar. Bewarea groete,  Willie Gericke  

Produced by Targa Publishing

Like Us on acebook

Produced by Targa Publishing