What’s Happening??

Toview this content

Please revert to your mobile

platform or device

CONTACT

DETAILS

Editorial Content     Laurinda     082 738 8011         ed.gbp @ greatbrakpost.co.za
Articles & Proofing         Marianne   076 025 0153        articles @ greatbrakpost.co.za
Advertising Sales     Mike      044 620 4042        sales @ greatbrakpost.co.za

A Great Brak River and Surrounds Community Newspaper

4000 Copies Distributed Monthly from Mossel Bay to George

FREE | GRATIS
Like Us on                            acebook
 Published by Targa Publishing all rights reserved - 2016 No content of this website or Tabloid may be reproduced in any form without the consent of the owners. CONTACT DETAILS Advertising Sales    Mike 	   	  044 620 4042      									  sales @ greatbrakpost.co.za Editorial Content     Laurinda   	  082 738 8011       									  ed.gbp @ greatbrakpost.co.za Article & Proofing	   Marianne	  	  072 025 0153      									  articles @ greatbrakpost.co.za

WAT IS DIE GEVOLG VAN ‘N

SKULDERKENNINGSBOETE?

From: http://www.phfirms.co.za/vdw/home.as[x “My seun was onlangs in ‘n kroeggeveg en is gearresteer. Die polisie het hom die opsie gegee om ‘n skulderkenning te betaal. Alhoewel hy dit nie geneem het nie, wonder ek tog of dit nie miskien ‘n goeie opsie sou gewees het nie. Wat is die gevolge  daarvan om ‘n skulderkenning te betaal?” Die Suid-Afrikaanse Polisie mag vir ‘n gearresteerde persoon die opsie gee om ‘n skulderkenningsboete te betaal indien die persoon gearresteer is vir ‘n minder ernstige misdryf, en sodoende die druk van oorvol hofrolle te verminder. Hierdie boete kan betaal word nog voordat die beskuldigde in ‘n hof verskyn, en kan  dus die indruk by die publiek skep dat dit ‘n maklike en goedkoop uitweg is. In baie gevalle betaal die betrokke beskuldigde die boete net sodat hy vrygelaat kan word en ‘n aand in ‘n polisiesel vermy. Dit is belangrik om te let dat die bedrag wat betaal moet word om op borg vrygelaat te word verskil van die bedrag wat vir ‘n skulderkenningsboete betaal word. Indien ‘n persoon ‘n skulderkenning betaal sal hy ‘n kriminele rekord kry. Dit is teen die wet om ‘n beskuldigde te verplig om ‘n skulderkenning te betaal  asook om ‘n beskuldigde onder die wanindruk te plaas dat indien hy nie die boete betaal nie, sy borg geweier sal word. Sodra ‘n verdagte se vingerafdrukke geneem word en ‘n formele polisiedossier oopgemaak word, sal ‘n persoon ‘n kriminele rekord kry indien hy die skulderkenningsboete betaal. Dit beteken egter nie dat indien ‘n persoon ‘n gewone spoedboete betaal, hy nou ‘n kriminele rekord sal hê nie! Indien ‘n kriminele rekord ontstaan weens die betaal van die skulderkenningsboete, sal die kriminele rekord geldig wees vir 10 jaar, wat uiteraard ernstige implikasies kan inhou. Indien die skulderkenning op ‘n persoon se SAP69 (kriminele rekord) verskyn, mag ‘n persoon sukkel om ‘n visum te kry om oorsee te gaan, sukkel om suksesvol aansoek te doen vir ‘n vuurwapenlisensie, sukkel om werk te kry, ens. Indien ‘n persoon egter onbewus was dat hy ‘n kriminele rekord kry as hy die skulderkenningsboete betaal, kan ons Hooggeregshof genader word met ‘n aansoek om die persoon se naam in ere te herstel. Maar uiteraard kan hierdie aansoek kostes inhou. Daar is ‘n plek vir skulderkennings, maar dit bly altyd raadsaam om eers kontak te maak met jou prokureur vir korrekte advies voordat enige erkennings gemaak word, veral in ag genome die ernstige gevolge wat kan onstaan.

Produced by Targa Publishing

Like Us on acebook

Produced by Targa Publishing